Wednesday, 16 July 2014

Die toestand van jou hart




Col 1:13:  "God has rescued us from the power of darkness and has brought us into the kingdom of His Son, whom He loves.  14  His Son paid the price to free us, which means that our sins are forgiven.  21  Once you were separated from God.  The evil things you did showed your hostile attitude.  22 But now Christ has brought you back to God by dying in His physical body.  He did this so that you could come into God's presence without sin, fault, or blame.  This is on the condition that you continue in faith without being moved from the solid foundation of the hope that the Good News contains." 

Na ek hierdie gelees het, praat die Here met my en verduidelik Hy die volgende:

Uit die goedheid van God se hart het Hy Sy Seun gestuur, en al het dit vir God ook hoe seergemaak, het Hy dit gedoen om ons te red, sodat ons kan kom tot voor Sy troon.  Voor Jesus se kruisiging, was die voorhangsel heeltyd tussen die mens en God, dus kon die mens nie tot voor God se troon kom nie.  En sonder die bloed van Jesus Christus kon die voorhangsel nie skeur sodat ons by God kon uitkom nie. 

Daar is 2 Toestande en die kruis is in die middel.  Dis die toestand voor die kruisiging van Jesus en die toestand na die kruisiging van Jesus.  Toestand 1 is aan die linkerkant van die kruis en is vaal, swart en lelik.  Die mense daar leef vir die wêreld, hulle wil goed lyk vir die wêreld, hulle wil gedien word deur mekaar, hulle wil hê ander moet opkyk na hulle, hulle koop en verkoop, hulle beweeg rond soos miere, hulle leef nie vir God nie, maar vir die wêreld.  Hulle dink nie daaraan hoe hulle lyk in die oë van God nie, solank hulle net goed lyk in die oë van die mens en die wêreld. Daar is selfs baie kerke en dus mense in die kerke wat rondskarrel, maar hulle is in die verkeerde Toestand!  Hulle doen nie hierdie mierwerke van hulle vir God nie, hulle doen dit om raakgesien te word deur die gemeenskap, om gesien te word as hierdie groot "Christen", want ek doen dan so baie vir die kerk…. Dis vormgodsdiens en die Here haat godsdiens, Hy noem dit Baälisme.  Hierdie mense aanbid nie God nie, hulle dien vir Baäl onder die skuilnaam van "God".  En ek is nie eers meer skaam om dit te sê nie, maar die meerderheid leraars dien ook vir Baäl onder die naam van God.

Aan die regterkant van die kruis is Toestand 2 wat mooi helder is en die mense daar kniel voor die troon van God, hulle het vrye toegang tot God, hulle staan in 'n verhouding met die ware lewende God.   In die middel van die 2 toestande is die groot kruis wat hierdie 2 toestande van mekaar skei.  Jy kan net in een van die 2 toestande leef.

Die mense in toestand 1 loer uit die hoek van hulle oog na die kruis, maar hulle steur hulle nie veel daaraan nie, want diep binne hulle is hulle nie bereid om die wêreldse genot te los nie.  Sommiges hoor selfs in 'n kerk dat Jesus gesterf het vir hulle sondes, maar die Woord gaan val nie in hulle harte nie;  hulle hoor dit, maar luister nie, hulle aanvaar dit nie diep in hulle harte nie.  Die regte woorde kan uit hulle monde kom dat hulle vir Jesus as hulle Verlosser aanvaar, dat hulle glo aan Hom, maar as hierdie persone aan die linkerkant van die kruis staan en dit bely, kom dit net uit hulle mond en nie uit hul hart nie.  Diep binne aanvaar hulle nie vir Jesus as hulle Verlosser nie, want hulle wil nie hulle ou lewe los nie.  "The proof is in the poeding!"  Baie van hulle hoor te veel van God se genade, en verstaan dit heeltemal verkeerd.  Hulle glo hulle kan nogsteeds lewe in hulle ou sondige toestand, en omdat die Here so genadig is, hulle wel die Koninkryk van God sal ingaan.    Hulle verstaan die boodskap van die kruis en van Jesus só verkeerd.

Om vanaf Toestand 1 na Toestand 2 te beweeg, beteken om eers deur die kruis te beweeg.  Jy kan nie in toestand 2 kom sonder die kruis nie.  Dit beteken om jouself saam met Jesus te kruisig.  Daar is diegene wat die kruis bekyk, dit begin ondersoek, hulle begin nader beweeg, hulle begin langer en dieper na die kruis kyk en beweeg sodoende al hoe nader na die kruis.  Hulle staan met helder, opgewonde gesigte voor die kruis, reg om vir Jesus as hulle Verlosser te aanvaar.  Maar dan hoor hulle hulle moet hulleself ook kruisig en die ou mens aflê, hulle moet die natuur van die nuwe mens aanneem.  Met hartseer gesigte en baie trane, draai hulle om en loop weg van die kruis af, want hulle is nie bereid om die wêreld met al sy begeerlikhede te verlaat nie.  Hulle is nie bereid om 'n einde te roep aan hulle sonde nie, hulle is nie bereid om verwerp te word deur die wêreld en mense nie, want dit is presies wat gebeur wanneer jy die wêreld aflê .  Hulle kan nog nie afsien van die wêreld en die wêreld se aanvaarding nie. 

Om oor te beweeg na toestand 2 beteken om waarlik jouself af te lê voor God se voete, om jou hele wese vir God te gee en bereid te wees om te verander in die mens wat God jou wil hê.  Om af te sien van jou sondes en om die self binne jou te kruisig.  Jy gaan ook opstaan soos Jesus opgestaan het uit die dood, maar jy gaan opstaan as 'n splinteruwe skepsel.  Jy gaan inbeweeg in toestand 2, deur die voorhangstel, waar jy nou toegang het tot God se troon en waar jy in 'n waaragtige verhouding met God kan staan.  Eers as jy in hiedie toestand is, glo jy aan die Lewende God wat ook wonders in ons lewens doen. 

2 Cor 5:  14  Clearly, Christ's love guides us.  We are convinced of the fact that one man has died for all people.  Therefore, all people have died.  15  He died for all people so that those who live should no longer live for themselves bur for the man who died and was brought back to live for them.  17  Whoever is a believer in Christ is a new creation.  The old way of living has disappeared.  A new way of living has come into existence.  18  God has done all this.  He has restored our relationship with him through Christ… 19  God was using Christ to restore His relationship with humanity.   20  ..We beg you on behalf of Christ to become reunited with God."

Die Here gee Hebr 4

Wanneer jy in God se Toestand inbeweeg, beweeg jy in God se rus in.  Jy vertrou Hom nou met alles in jou lewe en gee beheer oor jou lewe oor aan Hom.  Jy stap nou nie meer voor Hom nie, maar Hy stap nou voor jou soos dit hoort.  Jy kruip nou agter SY bene weg soos 'n kind en Hy sorteer alles vir jou uit.  Hy veg vir jou.  Jy moet nogsteeds jou wapenrusting aanhê, maar moenie sonder God veg nie. 


Gal 5:24:  "Die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig."

No comments:

Post a Comment