...vervolg op Toestand van jou hart...
JESUS IS DIE VOORBEELD
Jesus is die Eersteling in alles, en Hy het vir ons ’n voorbeeld kom stel op aarde. 1 Peter 2:21: “Christ left you an example so that you could follow in His footsteps.” Hy is die voorbeeld van hoe ons moet lewe, hoe ons God moet liefhe, hoe ons ander moet liefhe en hoe ons moet sterf. Hy het Homself nie so liefgehad dat Hy Homself hoer as ander geag het nie, maar in alles het Hy Homself onderwerp om gehoorsaam te wees aan Sy Vader. Ons moet Jesus se voorbeeld volg, maak nie saak wat dit van ons vat nie, want God soek ons gehoorsaamheid. Ons moet Hom as voorbeeld stel van LEWE, ons moet Hom as voorbeeld stel en die Vader so soek en aanbid soos Hy dit gedoen het. Ons moet ons naaste liefhe soos Hy die mensdom liefgehad het, ons moet ander hoer ag as onsself en ons moet sterf aan onsself. Ons moet Jesus se voorbeeld van gehoorsaamheid volg en in alles gehoorsaam wees aan God en een ding wat so min mense wil doen - ons moet sterf aan onsself. God vra nie van my of jou om te sterf aan ’n kruis vir die mense om ons nie, maar Hy vra van ons om te sterf NET aan onsself. Om onsself eenkant te plaas sodat ons ander kan raaksien… want as ons so groot in ons eie oe is, sien ons net onsself raak en niemand anders nie, selfs nie die kruis van Jesus nie. Ons moet die self in ons kruisig, sodat ons begrawe kan word soos Jesus, sodat God ons weer kan lewend maak soos Hy vir Jesus opgewek het. Ons moet weer gebore word: 1 Peter 1: “God has given us a new birth because of His great mercy. We have been born into a new life that has a condfidence which is alive because Jesus Christ has come back to life. We have been born into a new life….” Kyk ook Rom 6 daar onder, wat dit so mooi uiteensit dat ons in die graf geplaas moet word soos Jesus sodat God ons kan opwek as ’n nuwe mens. Die ou mens moet gekruisig word binne ons vir die nuwe mens om op te staan deur God se krag.
As ons nog deelsaam is aan die wereld en al sy dinge, is ons viervoetig geplant en gewortel in die wereld. Al gaan jy elke Sondag kerk toe en al neem jy aan hoeveel kerkaktiwiteite deel; as jy nog werksaam is in die wereld, is jy aan satan se kant en klaar. Jy bou aan die koninkryk van satan. As jy deel is van al die genietinge van die wereld, maak jy deel uit van die verkeerde koninkryk en gaan jy die koninkryk van God mis.
God wil he ons moet heilig lewe, want Hy is heilig. 1 Peter 1:15: “Because the God who called you is holy, you must be holy in every aspect of your life.” God wil he ons moet op punt kom waar ons besef ons kan nie vir Hom en satan gelyktyding dien nie. As ons gewortel is in die wereld en al die lekker dinge van die wereld, kan ons die tydelike genietinge van die wereld geniet. Maar dis al wat dit is: TYDELIK! Sonder ewigheid! Put genot uit die wereld en sy tydelike genietinge en verloor jou ewigheid!
VERSKIL TUSSEN LEWE EN BESTAAN
In die vorige blog het ek vertel van die 2 toestande en dat dit elke mens se keuse is in watter toestand hy verkeer. Die Here het nog lank oor hierdie 1 toestande met my gepraat en nog baie Skrif gegee daarvoor. Al hierdie Skrif wat hier uiteengesit is, is Skrif wat die Here deur die nagte vir my gee. Wanneer ek wakker word soggens, gaan lees ek dadelik die Skrifte wat Hy deur nag gegee het en al die Skrifte in die loop van ’n paar oggende het hieroor gehandel.
Die kruisiging van Jesus is in die middel, die linkerkant van die kruis is die wereld, satan se speelveld, en aan die regterkant is die Toestand van God. Diegene wat aan die linkerkant van die kruis bestaan, geniet die wereld, hulle doen alles volgens die vlees en doen alles om hulle natuurlike behoeftes te bevredig. Eph 2:3 All of us once lived among these people, and followed the desires of our corrupt nature. We did what our corrupt desires and thoughts wanted us to do.”
Hulle moet alles met die oog kan sien, hulle moet kan vat aan iets, anders glo hulle dit nie, en kan niks hulle ooit totale vreugde gee nie. Hulle noem hulself realisties, maar dis eintlik net ’n verskoning omdat hulle geen geloof in God het nie, maar net in hulleself en hulle handewerk. Hulle het geen outoriteit oor satan nie, want hulle is aan satan se kant, hulle het speelreg in satan se speelveld, so hoe kan hulle teen hom opstaan? Eph 2:2 You followed the ways of this present world and its spiritual ruler. This ruler continues to work in people who refuse to obey God.
Satan het reg oor hul lewens, hy het outoriteit oor hierdie mense. As jy aan hierdie kant funksioneer, lewe jy nie, jy is geestelik dood. Eph 2:1-3: “You were once dead because of your failures and sins.
Omdat jy dood is, voer jy net ’n BESTAAN sonder LEWE. Daar is LEWE in die woord LEWE. As jy aan hierdie kant van die kruis is, het jy geen lewe in jou nie, want Jesus is Lewe, en as jy aan hierdie kant is, het jy nie Jesus in jou nie, want ons kan onmoontlik funksioneer aan die linkerkant van die kruis, maar vir Jesus binne ons he nie. Die keuse le by die mens, en elkeen moet die keuse maak of hy vir God gaan volg of die wereld. Hier voer jy ’n BESTAAN en jy gaan jou lewe verloor. As jy probeer lewe vir die lekker en agter genietinge aanhardloop, is jy aan hierdie kant van die kruis. Jy is ’n slaaf van die sonde, en jy voer net ’n BESTAAN sonder enige lewe. As jy die self binne jou gekruisig het en deur God se genade deurbeweeg het na Toestand 2, lewe jy deur die Gees. Jesus leef nou binne jou en deur jou en dit stel jou in staat om waarlik te LEWE. So as jy funksioneer aan die linkerkant van die kruis, voer jy net ’n bestaan, maar as jy deur die Gees lewe aan die regterkant van die kruis, LEWE jy eers.
1 Peter 1:14: “Because you are children who obey God, don’t live the kind of lives you once lived. Once you lived to satisfy your desires becasue you didn’t know any better.”
Toe Jesus gesterf het aan die kruis vir ons sondes, het Hy op hierdie manier God-Drie-Enig se liefde en genade aan ons openbaar. Jesus het die vyand oorwin daardie dag en het aan Sy kinders die outoriteit gegee oor satan en sy magte. Deurdat Jesus vir ons gesterf het, word al ons sondes vergewe. Maar ons kan nie met albei ons voete geplant staan in die wereld en DIT wat Jesus vir ons kom doen het, net eenvoudig opeis nie. Ek weet dis wel wat kerke en vals leraars aan die mensdom versprei, maar as jy die Bybel baie goed lees, gaan jy sien dis die teendeel. Daar was op ’n stadium wolwe op my pad wat my probeer oorreed het dat God ons in die wereld geplaas het, so ons kan dit netsowel geniet terwyl ons hier is, dat ons deel is van die wereld. Maar dit is so ver van die waarheid, want een van die plekke in die Bybel wat die teendeel bewys, is 1 John 2:15-17: “Don’t love the world and what it offers. Those who love the world don’t have the Father’s love in them. Not everthing that the world offers - physical gratification, greed, and extravagant lifestyles - comes from the Father. It comes from the world, and the world and its evil desires are passing away. But the person who does what God wants lives forever.” As jy nie die Vader se liefde in jou het nie, het jy nie LEWE in jou nie. Dit wat die wereld aan ons bied, kom nie van die Vader nie! En as die Vader dit nie aan my bied nie, stel ek ook nie daarin belang nie.
DIE KRUIS
Die kruis is die deurgang vanaf toestand toestand 1 se bestaan na Toestand 2 se Lewe. Elkeen moet by die kruis kom en die self in hom kruisig om deur te gaan na die Lewe. Elkeen moet kom kniel voor die voete van Jesus en diep besef wat Jesus regtig kom doen het vir ons sondige mense op aarde. Hy het nie ’n wonderlike lewe gelei op aarde nie, Hy is verwerp oral waar Hy gekom het. Hy het nie voldoen aan die vereistes van die wereld nie, Hy het nie deelgeneem aan die genietinge van die wereld nie, maar eerder die mense berispe daarooor. Hy het in alles Sy Vader gehoorsaam. Deur Sy kruisdood het die voorhangsel geskeur en het Hy aan Sy kinders die voorreg gegee om saam met Hom deur te beweeg na Toestand 2 waar Hy Lewe gee aan ’n dooie bestaan. Sonder Jesus sou ons nooit kon beweeg vanaf die wereld na die ewigheid nie. Sonder Jesus sou ons sondes nooit vergewe kon word nie.
Ons moet beweeg na die kruis en ons sondes bely voor God, ons moet die self binne ons kruisig sodat God die nuwe mens kan opwek wat ’n nuwe lewe gaan begin lei onder leiding van die HG. Ons moet die vleeslike, die natuurlike mens afle en agterlaat en deur die Gees begin lewe. Dan verstaan ons nog beter die Skrif wat se: 1 Peter 1:14-16: “Because you are children who obey God,don’t live the kind of lives you once live. Once you lived to satisfy your desires because you didn’t know any better. But because the God who called you is holy, you must be holy in every aspect of your life. Scripture says “Be holy, because I am holy.”
1 Peter 2: 11 Dear friends, since you are foreigners and temporary residents in the world, I’m encouraging you to keep away from the desires of your corrupt nature. These desires constantly attack you. 12 Live decent lives among unbelievers.”
DIE KEUSE LE BY ELKEEN: LEWE JY OF BESTAAN JY?
Rom 6: 4 When we were baptized into His death, we were placed into the tomb with Him. As Christ was brought back from death to life by the glorious power of the Father, so we, too, should live a new kind of life. If we’ve become united with him in a death like his, certainly we wil also be united with Him when we come back to life as He did. We know that the person we used to be was crucified with Him to put an end to sin in our bodies. Beause of this we are no longer slaves to sin. 7 The person who has died has been freed from sin. 8 If we have died with Christ, we believe that we will also live with Him. 9 We kow that Christ, who was brought back to life, will never die again. Death no longer has any pwer over Him. When He died, he died once and for all to sin’s power. But now He lives, and He lives for God. So consider yourselves dead to sin’s power but living for God in the power Christ Jesus gives you. 12 Therefor, never let sin rule our physical body so that you obey its desires. 13 Never offer any part of your body to sin’s power. No part of your body should ever be used to do any ungodly thing. Instead, offer yourselves to God as people who have come back from death and are now alive. Offer all the parts of your body to God. Use them to do everything that God approves of..

No comments:
Post a Comment